Die exuberant wyse waarop die Portugese aankondig dat die slakkies nou in seisoen is, verbly my hart. Dit laat my dink aan my vriendin
Sabine wat onlangs in Amsterdam afgekom het op 'n reuse banier bo 'n winkel wat luid geroep het
LES ASPERGE SONT ARRIVEES (DIE ASPERSIES HET GEARRIVEER) – ek dink ons kan almal doen met meer van daardie tipe opgewondenheid. Hier by ons is nie
caracóis soos in Portugal nie, maar ons hoor dit is nou amper prime kreefseisoen, and let it be known – niks staan tussen my en 'n
kreef nie. Ons hou jul op hoogte.
0 comments:
Post a Comment