Ons is tans in die Kaap vir 'n paar dae, terwyl ons kuier in die land vir 'n paar weke. Ek sit en skryf hierdie in Simonstad terwyl ek kyk vir die see. Dit gaan netnou reën. Gisteraand het ons 'n geelstert gebraai wat ons in Kalkbaai gekoop het. Daar was ook 'n tuna, maar die vis was so reusagtig ons sou die hele buurt moes nooi vir ete. Toe koop ons maar die geelstert. Hy is eenvoudig gaar gemaak – baie knoffel, suurlemoen en tiemie. Nie te lank op die vuur nie.
(Ek kom nou al vir vyf jaar na hierdie seehuis van J se gesin, besef ek gisteraand toe ek aan die slaap raak. Die tuin ruik steeds na boegoe, en vir die eerste keer is ek hierdie tyd van die jaar in die rondte om die proteas te sien blom. Jare terug het ons eers het ons geslaap in aparte kamers, soos goeie Afrikaner Calviniskinders betaam, en toe later in dieselfde kamer, in twee verskillende beddens. Gisteraand het ons die twee beddens vir die eerste keer teen mekaar geskuif, en beurte gemaak om so halfpad in die gat tussen die matrasse te lê. Watter paaie het ons nie gereis om tot hier te kom nie.)

In die lente is dit tyd vir caracóis,
klein skulpies waarin nog kleiner slakkies skuil. Die restaurante
maak reuse potte caracóis
(uitgespreek karra-kosh) in 'n broth met baie olyfolie, knoffel en
kruie, en bedien bordevol daarmee as 'n pre-dinner happie, saam met
'n glas wyn. Die toeriste is nie besonder gaande daaroor nie, maar
die locals raak uiters opgewonde as die caracói
arriveer. Jy gebruik 'n tandestokkie om die klein slakkie uit sy
skulp te haal, en ek het baie gou geleer dat die eet van caracói
maar dikwels 'n pretty shitty besigheid kan wees – die slakkies is
heerlik, maar die spysverteringstelsel is nog solidly aanwesig, en
hul is so klein dat dit amper onmoontlik is om dit mis te eet. So
wees gereed vir slakkakkies. It's part of the deal.
1 comments:
Hoe lieflik lyk Lissabon nie.
Post a Comment