In die begin was daar 'n cocktail van
rabarber-gin, vermoet en tonic water. Jare terug het ek 'n rabarber
gin en tonic probeer maak met rabarbermoes, maar dit was nie presies
waarna ek gesoek het nie. Hierdie is 'n paar jaar later seprobeerslag, waar ek sommer die gin van die begin af saam met 'n
helse klomp rou rabarber in 'n glas bottel geplaas het vir 'n paar
weke. Die uiteinde was 'n revelation, soos gin wat trou met gestoofde
vrugte. Ek kan dit heeldag lank drink. Dis 'n uitstekende
verwelkomingsdrankie op 'n warm dag – ligpienk (die gin neem die
rabarber se kleur aan soos wat die weke verby glip), effens soet,
uiters verfrissend. En hy kap jou sonder dat jy besef (soos 'n paar
gaste ook genoem het teen die tyd wat die eerste gang bedien is).
1 comments:
Your blog makes me smile.Your food does do.
Post a Comment