En toe: Boerbone en cefalopodo. Die cefalopodo is klein stukkies seekat gemarineer in olyfolie, wat J van Spanje saamgebring het. Met nog sangria. Volgens 'n resep wat ons gesteel het by 'n ou, sweterige oom wat vir ons die mees amazing sangria in Barcelona concoct het. Die oom, met 'n baard en gewoonlik in 'n vest, maak die sangria al sy hele lewe lank, as hy nie besig is om agter in die donker cervezeria sit en sokker kyk nie. Hy't 'n swaar hand met die rooiwyn, 'n ligte hand met die lemoensap, en twee geheime in die hand - Contreau en gin, 'n goeie skeut van beide. In Barcelona het ons elke aand 'n reuse beker daarvan uitgedrink, die jongste mense in die cervezeria met ten minste 20 jaar, en die eerste Engelsprekendes wat in 'n lang tyd daar ingestap het. Van toe af is dit die standaard sangria resep hier in Arkadia. Die bebaarde Spanjaard sou trots wees.
3 comments:
Ag, deel GROOT asseblief tog die hele Sangria resep. Ek sukkel om myne 'reg' te kry, na Barcelona te laat smaak.
Dankie.
Marlette
Marlette, ons maak so!
Dankie, ek wag met bated breath tot julle kans kry.
Marlette
Post a Comment