Ontbyt met drie vriendinne, wat kom help het om 'n tafel te skuif sodat
ek vir Johannes 'n studeerkamer kan maak net voor hy arriveer. Dit was
'n taamlike somber oggend, in 'n week waar die realiteit van ons lewens
in Suid-Afrika weer op die voorgrond was - Marikana, vrouestudente by
die Technikon wat vanwee die vakbondstakings uit hul koshuise gesit is
en nou die strate van die middestad bewandel met tasse en komberse. 'n
Skielike polisie-aanslag op die hawelose immigrante wat in die erf agter
my woonstelblok slaap, waar hul matrasse en komberse verbrand word,
sonder enige oenskynlike rede, net voor een van die koudste weke van die
laat-winter. Ek is nie meer seker hoe om sin te maak uit hierdie dinge
nie; ek vermoed al hoe meer daar is geen sin hier te vinde nie.
Ontbyt is oeufs en cocotte met 'n lagie gebraaide prei en ertjie onder in die bakkie, 'n strooisel parmesaan bo-oor. 'n Vars baguette van die Boeremark, en karpatka vir poeding.
0 comments:
Post a Comment