Daar is 'n paar reëls wat jy moet onthou as jy 'n cervezeria (kroeg)
kies in Barcelona. Bly weg van La Rambla, of die plekkies net af van La
Rambla. Gaan soek in El Raval, die ou matrooskwartiere, met studente
en prostitute en eindelose immigrante wat klein convenience stores besit
wat tot die vroeë oggendure oop is. Of in Barcelonata, met hangende
wasgoed en kinders wat in die stegies speel en vars vis wat orals
gebraai word. Dan – moet in geen trendy bars sit nie. Bly weg van
plekke vol mojito-drinkende hipsters. Jy is daar om bier te drink.
Bier wat nie meer as €2.50 kos nie, wat bedien word deur 'n middeljarige
Katalaanse man met 'n wit vest onder sy wit knopieshemp. As daar nie
'n blêrende TV in die agtergrond is nie het jy die verkeerde cervezeria
gekies. Ook as die Katalaanse man Engels verstaan. Die beste
cervezerias is waar jy 'n groot beker yskoue sangria (met drie keer
soveel wyn as lemoensap, en 'n goeie skeut gin en Contreau) kan bestel
vir €7, en waar dit gemaak word deur 'n nog ouer Katalaanse man wat
effens sweterig werskaf in die kombuis. En jy gaan wil eet. Patatas
bravas, brosgebraaide stukkies aartappels met 'n spicy tamatiesous.
Croquettas met jamon of aartappel of bacalhau. Klein bakkies olywe en
klein bakkies amandels. Brosgebraaide klein vissies en nog kleiner
seekatjies. Die Katalaanse ooms gaan jou onthou die volgende keer wat
jy weer daar aanstap, die locals steeds effe perplexed oor hoekom die
average ouderdom van drinker in die cervezeria pas met 20 jaar gedaal
het.
(Soos jul kan sien uit die baie kwaai foto van Johannes, neem ons ons cervezerias baie ernstig op. Soos dit hoort.)
(Soos jul kan sien uit die baie kwaai foto van Johannes, neem ons ons cervezerias baie ernstig op. Soos dit hoort.)
1 comments:
Ons is nou in Barcelona, en ek herroep jou inskrywing hier... Dankie vir die goeie raad.
Post a Comment