Soms herleef ons daardie tye. Gerhard is in Pretoria vir die dag, en bly by my oor. Ek maak peking pork met al die trimmings, maar klein broodrolletjies in stede van die pannekoekies hierdie keer. Ons drink witwyn en gesels oor die publishing wêreld, oor nervous breakdowns en die aard van geluk. En oor dates in die Moederstad en ons algemene gebrek aan slaap, die moontlikheid van reise na New York en hoe 'n mens nou op 'n ouderdom is waar jy nie meer weet hoe die toekoms lyk nie. En dat ons nou, uiteindelik, dalk die punt berei het waar dit okay is.
Poeding is sjokolade éclairs wat ons aan tafel vul en met sjokolade bedruip, net voor slaaptyd.
Ns: Dankie aan Gerhard vir die foto; sy oog is baie beter as myne.
4 comments:
Dis baie mooi broodjies, daardie...
Ek raak ook soms nostalgies oor dit wat was. Maar dan.....is dit wat NOU is, nie die toekoms se goeie ou dae nie? Die toekoms se, dit wat was?
Jou kos lyk vingerleklekker.
Dankie!
Ag, en hier is ek alweer amper in Gauteng en jy's in die vreemde. Dit was 'n heerlike aand, A.
Post a Comment