Daar was nog heelwat stringe van die
kataiffideeg oor, en ek en J moes middagete eet. Ek het presies dieselfde metode gevolg as met die soet pastries, dit uitgerol oor 'n oppervlak, gesmeer met gesmelte botter, maar in plaas van neute en suikerstroop het ek hierdie keer fyngekapte olywe, vars kruie, feta en haselneute gebruik. Weer opgerol in klein nessies, snoesig teen mekaar gepak in 'n gesmeerde bak, en gebak totdat die stringetjies deeg bros was buite, sag en sappig binne.
3 comments:
Snoesig
:-)
Dit was heerlik. Mens moet meer savoury flaky pastry goed maak.
Dit klink na 'n uitstekende plan! Nou moet ek net daai stringetjie deeg opspoor...
Post a Comment