

J het gister teruggevlieg na Southampton, en ek is weer terug in Arkadia. Daar is eindeloos baie kos waaroor geskryf moet word, maar terwyl ons al ons eendjies in 'n ry kry, 'n klein lusmakertjie, 'n 15h00-die-middag versnappering terwyl ons besig was om te pak vir die Kaap, met tasse vol klere en boeke en presente en koekbestandele. Crepes met Nutella, en met bruinsuiker, suurlemoen en fyngekapte pistachios. Leuk.

5 comments:
Dit...is 'n mooi tafel. Welkom tuis.
Ek gaan nou slaap.
Mmmmm... Nutellaaaaa....
Die mense hier hou niks daarvan as ek 'n crêpe'n pannekoek noem nie. En dit wat ek 'n flapjack wil noem, hou hulle vol is 'n pancake. Vreemd...
Nutella EN fyngekapte pistachios?? is dit nie soos in 'n oordosis heerlikheid nie?! Of miskien teen die wet in party lande nie?!
Post a Comment