Ek kan my nie indink hoe leeg my lewe was in die dae voor ek rugelach leer ken het nie.
'n Roomkaas-gebaseerde pastrydeeg wat dun uitgerol word, dan bedek word
met 'n dikkerige laag fyngekapte neute (wat ookal jy in die huis het;
makadamia en amandels as die betrokke huis myne is), bruinsuiker en veel
kakao. Dan word jou plat, ronde pastry disk in skywe gesny, en elke
skyf word opgerol, sodat dit soos klein croissants aan die ander kant
uitkom.
Op hierdie punt kan jy hul vries sodat jy eendag 'n bondel onverwagse
gaste kan beindruk, of jy kan dit dadelik als bak en die res van die
middag op die bed lê en wyn drink en rugelach eet.
Ek het my pastry bashert gevind.
Speaking of which - J land môre-oggend in die land, en alhoewel daar 'n paar scheduled posts sal verskyn binne die volgende paar dae, gaan ons bietjie laaglê vir tyd en wyl. Intussen het ek pas 'n tertkors gemaak, en twee uie gebraai vir ons middagete môre, en daar is 'n gesoute Zuni-hoendertjie in die yskas vir die aand. Ek is voorbereid. Een slapie.
1 comments:
Oe braaf! En watse fraai end resultaat. Ek is ook gek oor die idee van dingetjies wat gevries kan word en dan vinnig gebak voor gaste opdaag.
Post a Comment