...hoekom jy vandag 'n groot pot krummelpap moet maak:
Een - want krummelpap is uiters heerlik, en sover dit my betref, baie underrated;
Twee - want krummelpap kan gevries word! Ja! En dan kan jy enige tyd wat die lus jou beet pak 'n pakkie uit die vrieskas uithaal sonder om ure te wag. Instant krummelpap gratification.
Drie - want dit laat jou soos 'n stoere trouvrou voel.
Naskrif: Ek verkies myne met warm melk, botter en suiker. Maar ek ken mense wat dit ook eet saam met Griekse jogurt en dun stukkies cheddar kaas. (Let wel: nie ek nie.)
4 comments:
Golden syrup and milk.
Ek weet nie wanneer laas ek die woord krummelpap gehoor het nie. Ek weet ek dit nog nooit gelees nie.
Ek moet dalk die cheddar en yogurt probeer. Wanneer word dit paptert?
Eerstens - mens maak nie paptert met krummelpap nie, mens maak dit met slappap. En dan het jy 'n lagie pap, 'n lagie sampioene, nog 'n lagie pap, 'n lagie spek, etc etc. soms 'n lagie kaas.
Sug. Ons sal 'n plan moet maak oor die paptert, daar's 'n gat in jou opvoeding.
Post a Comment