Arkadia is mistig van die reën vanmiddag, ek worstel steeds deur ‘n essay oor Walter Benjamin se rol binne kultuurstudies (gaap). Is deur Die Kollega (wat asseblief nou weer moet begin post) genooi vir ete vanaand, en poeding staan huidiglik op die toonbank in die kombuis. *Heuningkoek, wat my ma ’n paar keer gemaak het toe ek kind was, ’n eenvoudige deeg wat gebak word en dan ’n lieflike heuning en botter stroop bo-oor kry. Die stroop trek in die koek in, en als is geurig en klam. En daar’s botter in. Baie botter. Hemels.
Feb 28, 2009
heuning om die mond
Tags:
koek en poeding
0 comments:
Post a Comment