
Wat ook spesiale melding verdien is die wintersgunsteling van hawermout met whisky, dik boeremark room en bruinsuiker, asook die kaneelrolletjies van een koue Sondagoggend, bedien met genoeg Leonard Cohen en hibiscus tee van Amsterdam se Albert Cijp-mark.

Die beste ete in ‘n restaurant is effe moeilik – besef nou hoe min daar eintlik uitgeët is gedurende die laaste jaar. Meeste van die etes wat onthou word is dié wat effe off-the-beaten-track plaasgevind het – soos by World of Samoosas in die Oosterse Plaza, met hul heerlike butter chicken en tandoori chicken, en ‘n heerlike hoender satay op groentee noedels by ‘n noodle bar in die Ooste van Pretoria (ja, as jy in Arkadia bly is die Ooste ‘n dagreis te perd ver). En dan is daar natuurlik altyd die vreugdes van Moema’s in Parktown-Noord, met hul towering klomp koeke in die venster, en die ongeëwenaarde flourless chocolate fudge cake, en Toni’s in Villeria se pizza met gerookte salm, kaviaar, suurroom en sprietuie. Uiters fantasties.
Op die teleurstellende front was daar my eerste kennismaking met buffalo mozzarella – die waterige bol proe-na-niks wat ten duurste by La Spiga aangeskaf is het uiteindelik wel gesorg vir ’n bonding sessie in die kombuis (almal saamgekoek om die wit homp, aan’t voorstelle maak hoe die kaas aan die gaste aan tafel voorgesit kan word sonder om hul vir altyd van ons te vervreem). Dan was daar ook die interessante opsies wat in ‘n supermark by die
Daar was, soos altyd, baie dinner parties. My gunsteling is die dinner party van die film shoot wat in April plaasgevind het, omdat ons dit reggekry het om ‘n heerlike Boerekosete (skaapboud, hoenderpastei, soetpampoen, geelrys, boontjies en gebakte vrugte met dik room) met hoogs aansteeklike energie om die tafel en in die volgepakte woonstel te kombineer. Die epiese kosnaweke verdien ook spesiale vermelding, asook die eerste dinner party van die jaar, met m-l, ons vriend J-P, jvdh en die nimlike Kollega, met gevulde Georgiaanse brood, hoender met amper ‘n honderd knoffelhuisies, en die stock favourite chocolate espresso cake. Beste partytjie van die jaar is ‘n tie tussen gm se Werkersdag Bolshevik partytjie (die kas Zamalek saam met die peasant cassoulet was fantasties) en dan ook die Kinderboekpartytjie, met kos uit die Famous Five se piekniekkraal – hoenderpastei, heerlike pork roast, en toebroodjies met onderskeidelik chorizo en avokado, en dun skyfies beet, suurroom en kapertjiesaad. Met gemmerbier van die Boeremark en tuisgemaakte limonade, asook ysies wat mens minder laat terugverlang na die dae van prille jeug – lemoensap en vodka.


3 comments:
Julle maak 'n mens honger. Ek sien terdeë uit na die vindingryke kosmaaksessies wat vir ons in 2009 voorlê.
Yum. Lekker, dankie...
Vraag: was dit, um...regte, egte caviar? Ek is mal oor die goed maar kan dit absoluut nie bekostig nie.
Jy weet hoe om koebaai te se.
Ek het nog altyd gedink dat blinis en gerookte vis (salm, sturgeon, ens.) met sjampanje die beste afksydsete is, of ete vir Moeilike Tye.
What about salmon roe? Baie lekker.
Hm...miskien moet ek weer gaan kyk. $90 for the smallest jar of Osetra. Dink ek.
As mens moet vra of die kaviaar eg is, is die antwoord altyd "Natuurlik!".
Nee, die plan was om salmon roe te kry, maar 4 dae voor die vlug het al die handelaars besluit die seegras namaaksel is goed genoeg.
Toe koop ons maar nog wyn met wat oorbly...
Post a Comment