Calamari met paprika, suurlemoen (jvdh se aartsobsessie), basil en spring onion (grasuie?). Die wit laken wat op die stoel lê is die enigste sigbare oorblyfsel van ‘n dinner party die vorige aand, waar dit gebruik is as tafeldoek.
Carpaccio. Dun gesnyde skyfies beesfilet wat met ‘n deegroller platgeslaan word (eat dirt, passive aggression) en dan rojaal bedek word met olyfolie, varsgemaalde peper en Maldon sout. Fantasties.
Slakke in ‘n sous van room, flat leaf parsley, knoffel, sampioene, en sprietuie. Die bak couscous wat op die tafel staan behoort nie nog op die tafel of in die foto te wees nie (gm, enige quips oor Miss Havisham is streng verbode)

Bagels met gerookte salm en roomkaas. Die hoop om ‘n Hasidic Jew in Groenkloof Spar raak te loop wat nie bang is om betrokke te raak by ‘n shiksa nie, beskaam steeds nie.
Lamstjoppies met wholegrain mustard en geweldig baie knoffel. (Ek hoop vir sy part die hypothetical Hasidic Jew het ook 'n voorliefde vir knoffel).
1 comments:
Aargh! Rou bees! Rou bees! Carpaccio maak my benoud.
Die bagels wat 'n mens in die VSA kry, sal jou kop laat draai.
Post a Comment