Ná die Kersmaal het die Vier nie kans gesien vir die poedings wat vir die okkasie gemaak is nie – hul was nog te oorweldig deur die heilige grootsheid van die marshmallow-patats waarsonder hul lewens gewis armer sou gewees het. Dus is die pavlova eers ‘n paar dae daarna versier met dik room, aarbeie (yay Boeremark!) en granaatpitte. As ek ooit ‘n loopbaanskuif in die pornografiese rigting maak is pavlova porn my voorland.

Voorspel (en Arcadia se edel hande)

Full frontal

Putting out

Ravished, of die post-orgasmic glow
4 comments:
Ek is so bly ek ken julle.
o, en pavlova porn is 'n baie interessante idee. Hmmm...
Hoe werk pavlova met beet?
Hierdie blog is beautiful. Kan ek 'n fluffer word in die pavlova porn industrie?
Post a Comment