Places

PRETORIA


Die Pretoria Boeremark
Een van die beste redes om in Pretoria te woon.  Koop direk by die boere wat jou kos verbou, leer hul ken in die proses, en ondersteun die local producers.  Vrugte, groente, suiwel, vleis, eiers en blomme is in oorvloed beskikbaar, en teen uiters billikke pryse.  Daar is ook lieflike artisanal produkte, insluitend kase, charcuterie, en brood en gebak.

Die mark het ongelukkig ook 'n paar crappy stalletjies wat nie kos verkoop nie, maar gelukkig kan mens net verbystap.

Evergreens fruit and vegetables
Op die terrein van die stad se vars vrugte- en groentemark, waar die publiek kan koop. Dis in 'n ietwat dodgy deel van die stad, maar is heel goedkoop, en in die somer het hul die beste verskeidenheid vrugte in die stad.  Daar is ook 'n bakkery en wynafdeling, maar hou verby – dis nie juis watwonders nie.

Meat2Oceans
Nie almal gaan mal wees oor die winkel nie.  Dit is ook in 'n dodgy deel van die stad, en die meer onaangename dele van die dier is gewis meer toeganklik as in meer gentrified winkels.  Maar hul verskeidenheid van vleis en seekos is groot, en die pryse is goed.  Die winkel is in Portugese besit, so daar is ook heelwat Portugese charcuterie, gedroogde cod, en 'n paar Portugese, Spaanse en Suid-Amerikaanse bestandele wat nie op ander plekke in die stad gevind kan word nie, soos masa harina.

La Spiga
'n Italiaanse bakkery en deli, met twee takke in die stad.  Heelwat ingevoerde kase en charcuterie, maar teen hoë pryse.  Die brode is lekker, en daar's ook goeie gerookte paprikas, interessante ingevoerde mosterds, tapenades, ensovoorts.  Ek het, vreemd genoeg, nie baie ondervinding met hul varsgebakte koeke en pastries nie, maar hul verskeidenheid ingevoerde pannetone en panforte is glad nie sleg nie.

Bazaruto viswinkel
Vars vis en seekos, en die mees bekostigbare chorizo in die stad.

Lynnwood Housewives Market
Lieflike vrugte, heel gangbare groente, en die beste plek om jou droëvrugte en neute te koop.

Groenkloof Slaghuis
Die beste boerewors in die stad.  Goeie kwaliteit vleis, en die een plek waar jy meeste van die tyd eend kan opspoor as niemand anders in voorraad het nie, wat dikwels gebeur.

Yat Kee Chinese Supermark
Groot kratte met Chinese greens en ander Oosterse groente buite die winkel, en al die nodige Chinese en Japanese bestandele wat jy mag benodig om die maaltyd te voltooi binne.  Baie goedkoper as enige ander plek waar jy dieselfde tipe bestandele in die stad sal vind.