Sep 26, 2014

espresso roomys

My wonderlike skoonouers weet presies watter geskenke om vir my te koop – in Mei, net voor ek Portugal toe gevlieg het, het daar skielik 'n roomysmaker attachment vir ons Kitchenaid opgedaag by ons voordeur, wat baie squeals of glee tot gevolg gehad het. (Oor die Kitchenaid self moet ek eintlik nog ook post – ons begeer al jare een, en het toe as trougeskenk een gekry by die einste skoonouers, en gebruik dit vir alles, heeldag.) In alle geval. Ons maak konstant roomys of sorbet deesdae. Vanieljeroomys van vet vanieljepeule, kersiesorbet van die sakke en sakke kersies wat heel somer al in die winkels staan, en vanoggend hierdie – espressoroomys. Vanag Hugh Fearnley-Whittingstall se resep in die Guardian, en 'n lafenis in hierdie Toronto humiditeit.

(Die pragtige pienk bakkie is deel van 'n stel wat ek in Junie teruggevlieg het van SA, 'n geskenk van my ouers. Ons hele kombuis is 'n versameling objekte wat ons herinner aan al ons gunsteling mense.)


1 comments:

dinkbeest said...

Daai lyk net te lekker! Ek het in Istanbul heerlike roomys van bokmelk geeet, dit was ongelooflik roomerig. Jy kan dit dalk met julle KitchenAid probeer: http://www.sbs.com.au/food/recipes/turkish-ice-cream-dondurma