Aug 20, 2014

the beaches

Aan die oostekant van die stad is 'n buurt genaamd The Beaches. Dit lê teenaan Lake Ontario, en het 'n reeks strande en parke waar die stad se bewoners piekniek hou of lê en tan (die water van die meer is te koud om in te swem), en waar ons fietsry. Voor hierdie somer het ek vyftien jaar laas op 'n fiets geklim, maar het intussen die sheer unbridled joy van fietsry herontdek. Vroegoggend (10h00 in Toronto-terme) is die beste tyd vir so uitstappie – die boardwalk is stil, die strand het 'n Caspar Friedrich Monk by the Sea-gevoel, en daar is allerhande versteekte gedeeltes wat gevind kan word. Die hele ervaring voel effe soos 'n Famous 5-ekspedisie, wat versterk is deur die feit dat ons 'n versteekte klein baai gevind het na 'n paar uur se ry (die Blyton-konnotasie is wel effe besoedel deur die ewe-sterk herinnering aan Alain Guiraudie se Stranger by the Lake, moet ek byvoeg), waar 'n mens heerlik sou kon piekniek hou en skelm 'n bottel wyn uitdrink.

Middagete: Amerikaanse-styl barbeque. Gerookte ribbetjies, brisket, mieliebrood, heerlike koolslaai.











2 comments:

vosperdruiter said...

Dis darem baie mooi daar! EN ribbetjie lyk awesome!

Unknown said...

"...die sheer unbridled joy van fietsry..."
Wonderlik!
Korien