Jul 25, 2014

oorvloedige Portugal

Portugal, waar die volgende volop is.

Exhibit 1: In die supermark. Heel seekatjies, 'n hele afdeling toegewy aan bacalhao, eindelose varkprodukte, meer blikkies vis as wat jy al ooit op een plek bymekaar gesien het.



 Exhibit 2: In die straat. Teëltjies. Orals. Oorrompelend. 

 Exhibit 3: In die katedrale. Jesus, bebloed.
 Exhibit 4. Orals anders. Nog teëltjies. Altyd nog teëltjies.

 Exhibit 5: En as die teëltjies nie genoeg is nie, goud. Baie, baie goud.

1 comments:

m-l said...

Ek herken daai blikkies vis!