Jul 23, 2014

dinner party op 'n weeksaand

Na die winter, waar ons in dik sneeu rondgeloop het, in parkas toegepantser teen die -25 ºC koue, is die somer 'n absolute verrassing. Dit is warm, baie humied, met son wat skyn tot laat – dit word eers rondom 21h30 donker. Orals sit die parke vol mense, en is die restaurante se straatpatios gesogte eiendom – almal wil in die son sit en bier drink. Dit is ook die perfekte tyd vir weeksaand dinner parties. Om die tafel sit 'n paar van ons eerste Toronto vriende, wat insluit 'n argivaris, 'n Wiskunde professor, 'n avant-garde filmmaker en 'n historikus. Op die tafel hoender gemarineer in hoisin, sojasous, vissous, baie knoffel en gemmer. 'n Swart quinoa en millet slaai met oondgeroosterde tamaties en kruisement. En 'n hele pan vol garlic scapes, gebraai in bietjie olyfolie en toe bedek in baie suurlemoenzest en 'n bietjie parmesaan. Vir nagereg was daar die rabarberpondkoek, wat die klomp mans om die tafel summier opgeëet het voor die aand verby is.




4 comments:

Leon van Eck said...

Ek dink ek moet 'n dinner party reël voor die somer verby is.

arcadia said...

Doen dit!

Marie said...

Like perfek. Dis 'n BAIE mooi oranje garlic scape pannetjie.

jvdh said...

M - ek is steeds ingenome met wat second-hand markte soms kan oplewer. En ek dink ons eet die jaar meer scapes as brood. Which is good.