Jul 1, 2014

Cacilhas

As die toeriste in Lissabon vir my te veel geraak het (en ja, daar is meer toeriste as wat my geval, daai paradoks van die toeris wat heeltyd probeer wegkom van ander toeriste), het ek die ferry geneem vanaf Lissabon se Cais do Sodré hawe na 'n dorpie net aan die ander kant van die rivier, Cacilhas.
In Cacilhas het ek 'n restaurant gevind op die see, en oor 'n paar besoeke 'n verskeidenheid heerlikhede verorber. (Die ou ooms wat kelners is by die establishment was baie verras deur 1) die feit dat ek alleen reis, en eet, en 2) die geweldige entoesiasme waarmee ek my borde kos benader het.) Dit het ingesluit 'n heel krap, wat bedien word saam met 'n hammertjie om toegang tot al die krap se holtes te verkry, en 'n klein bergie garnale. En die ubiquitous gebraaide sardientjies, en 'n absolute delicious gietyster bakkie vol garnale gebraai in botter en knoffel, bedien saam met varsgebakte broodjies waarmee jy die orige knoffelbotter op mop. Daar was ook bekers sangria.
Voorneme vir ons eerste somer in Toronto: vind 'n park waarin ons kan sardientjies braai, en bedien dit met bekers en bekers sangria, volgens die sweterige oom in Barcelona se resep – min lemoensap, baie rooiwyn, 'n skeutjie Cointreau, 'n stewige skeut gin.

1 comments:

Anonymous said...

Nou is ek geweldig honger. En lus vir reis. Obrigado!