Feb 1, 2014

tas na Pretoria

Laat November en vroeg Desember in Toronto het bestaan uit presentations van navorsing, die skryf van papers, die merk van studente se werk, en die stad se eerste sneeu. Ek was besig om Kerspresente vir almal tuis te koop toe die eerste sneeu val, en ek het meteens op die naaste trem geklim, en gery tot by die Mountain Equipment Co-operative (dink aan Cape Union Mart, maar baie groter, en vol dinge soos sneeuskoene, snow boards, parkas waarmee jy in Saskatchewan kan rondwandel, wolkouse van elke aard, en selfs sneeupakkies in helder kleure vir peuters, wat hul na antropomorfiese duvets laat lyk). Daar het ek 'n parka aangeskaf, vol dons en lank tot onder my kniëe, en toe terug huis toe gekeer en gelees oor Charcot se histeriese vrouens, oor La Neuropatologica, 'n film van 1908 waarin 'n Italiaanse dokter se histeriese en getraumatiseerde pasiënte op film vasgelê is, oor YouTube en birthing videos en die strangely fascinating HowtoBasic en nanaluvstroubles, en uiteindelik die corpus van Jean-Luc Nancy, oor godverlatenheid, oor die gemeenskap.

En uiteindelik het ek teruggevlieg na Pretoria, met 'n tas met net vier stukkies klere. Die res was presente. Ek wens ek het 'n foto geneem van die eetkamertafel waarop alles uitgepak is voordat ek 'n plek daarvoor in die tas kon begin vind, maar helaas het ek nie. Dus sal 'n vertelling moet deug. Pragtige joernale uit 'n papierwinkeltjie in Toronto vir my vader en jongste suster, en pasta in die vorm van takbokkies vir my moeder. Tradisionele Southern Barbeque souse vir braaiende broers, en lapelspelde wat eens behoort het aan Russiese soldate vir my kommunistiese suster, wat verkoop word op Toronto se Sondagsmark vir antieke ware deur 'n Rus met gebroke Engels en 'n container vol memorabilia uit die old country. My jongste boetie kry Smencils (potlode wat elkeen 'n ander geur het, wat my Phd-klas vir 'n goeie halfuur besig gehou het toe ek daarmee van die winkel af kom, besig om te skryf en te ruik). Vir die vriende is daar klein blikkies chipotle en adobo en Meksikaanse sjokolade uit 'n Suid-Amerikaanse supermarkie, eend- en haasterrines van J se Parys-trip, vrolike oondhanskoene met rooi candy canes, koffiebekertjies uit 'n vintage store waar ons terloops ingewandel het een aand, wit met grys swane, van iewers in die 50s. Bosbessietee, appel-en-speserytee uit die Kanadese herfs, vlierblomstroop, sjokoladekalkoentjies, en lekkers: hot tamales, Halloween candy met skedels en gekerfde pampoene, Reece's pieces, Hershey's kisses. Spaanse wynglasies en Black Walnut bitters uit Toronto se bespoke cocktail winkel. En nog 'n spul ander goed – ek het met amper 40kg se geskenke uitgevlieg.

(Die vreemdste ervaring van terug wees in Suid-Afrika is hoe absoluut effortless en seamless dit gevoel het – asof ek nooit weg was nie. Ek het ingestap by my ouers se huis asof ek gister daar getrou het, amper verbaas dat iemand so gaaf was om al die tafels op te ruim en die oorskiet kos weg te pak. Dit was die mees gerustellende ervaring. Huis het nie verdwyn die oomblik toe ek hier 'n lease teken, 'n bed koop, 'n ry speserye op die rak uitpak nie.)


(Ons op Stanford. Dankie aan M vir die foto)

3 comments:

Leon van Eck said...

Ons had hier gesit wag vir jou.

dinkbeest said...

Die persente klink wonderlik. Dis vir my die lekkerste om 'n persent of 'n poskaart te stuur en te dink hoe die ontvanger oor die verrassing in die pos kan glimlag :) Bly om te hoor dit gaan so goed in Toronto, al is dit ver en koud.

dinkbeest said...

Die persente klink wonderlik. Dis vir my die lekkerste om 'n persent of 'n poskaart te stuur en te dink hoe die ontvanger oor die verrassing in die pos kan glimlag :) Bly om te hoor dit gaan so goed in Toronto, al is dit ver en koud.