May 8, 2013

die bier is in die bad







Sjebeen-dag.

Daar was twee brews. 'n Sider, en 'n Indian Pale Ale. Daar was knackwurst, en weisswurst (wat ek braai, want gekookte worsies is van die duiwel), en N├╝rnbergers. Daar was ook verskeie tipes mosterd. En warm pretzels uit die oond.

Op die tafel was daar gesoute grondboontjies, en olywe met baie knoffel en rissie en tiemie. En koekies. Die New York Times se beste chocolate chip koekie, wat vir drie dae lank staan in die yskas voordat jy dit bak, met 'n bietjie Maldon sout bo-oor gestrooi. Salted brown butter Rice Crispie koekies, want ja, alles is beter met sout. My ma se brownies, gebak deur my ma. En kinderpartytjiekoekies (oftewel Momofuku Milk Bar se compost cookies), met Smarties, hundreds and thousands, sout en asyn chips, en paaseiers. Hul was verrassend-genoeg die treffer van die dag.

Maar terug by die bier. Hul is gebrou oor so ses weke, en elkeen van ons het 'n etiket ontwerp vir die bottels. Die Indian Pale Ale was J s'n, met die Arkadia straat-grid op. Myne was die sider, met polisiefoto's van Victoriaanse prostitute. Want in Arkadia is die prostitute ons Arcadian shepherds.
Die sider kort nog werk, maar die IPA was lieflik. Donker, kompleks, nie super bitter nie. En al die bier is gehou in die bad. Vir die moeders wat soog was daar varsgebroude gemmerbier en pynappelbier, en vir die goedversorgdes 'n vajazzling/pejazzling station. Om kop te hou van wat mense verorber was daar 'n baie lang stuk butcher paper teen die eetkamermuur wat 'n running tab was, en elkeen het opgeskryf wat hul eet en drink en dan aan die einde van die dag geld gegooi in 'n blikkie.

Sommige mense het gestop vir 'n vinnige biertjie, ander het ure gebly. Vriende, gesinslede, oud-kollegas, mense saam wie ons geswot het, en selfs 'n paar kindertjies. En ons fabulous vriendin Stella, wat as 'n verrassing opgedaag het uit Stellenbosch.

Die laaste foto is natuurlik ons, by die voordeur in Arkadia.

Vir meer foto's, gaan na Riette se post op Confessions of a Pretoria Chique. Ons was so besig om bier te skink en worsies te braai dat ons van helfte van die dag nie foto's geneem het nie. Riette s'n is pragtig.

4 comments:

m-l said...

So spyt ek was nie daar nie! En mal oor jul labels.

Rosie said...

So awesome.

Marie said...

Indrukwekkend.

Anairam said...

Bier in die bad - ag hoe verlang ek nou na 'n goeie paartie en my ou woonstel in Sunnyside, Pretoorsie. Met ouderdom kom besinning en wysheid en soms 'n skeutjie ontnugtering. Jissis, waar het daai laaste sin uitgespring? No idea.
Baie geluk met die die beurs! Ek hoop vir 'n paar lekker kos-posts vanaf Kanada, maar ek hoop hulle sal nie almal maple syrup in h^e nie.