Dec 16, 2012

why we cook

Gisteraand het ek 'n argument gehad met 'n vriendin oor die feit dat ek soveel dinge rondom Kersfees self maak (en die tyd wat dit neem, wat eintlik my vriendin se groter issue is).

Here's the thing:

Een van die konstante temas van my lewe, en dus van my denke, is die gebrek aan betekenis in ons alledaagse lewe. In die harwar van winkelsentrums en ready-made meals verloor ons ons konneksie aan die tasbare elemente wat ons lewens vul, aan die praktiese objekte en voedsel wat ons beliggaming in hierdie wereld moontlik maak. En die wyse waarmee ek hiermee deal, waarmee ek hierdie algemene neiging probleem hokslaan, is deur goed te maak. Self te maak. In my hart is ek eintlik Amish.

Hubert Dreyfus en Sean Kelly Dorrance som dit pragtig op:

As technology strips away the need for skill, it strips away too this noble understanding of ourselves as cultivators of meaning.

Understood in this context, the march of technology presents a grave danger. The danger lies not in particular technological advances or technological gadgets, but in the understanding of ourselves and of what we can aspire to that a technological way of life encourages. To aspire to a life that requires no skill to live it well is to embrace the flattened world of contemporary nihilism. The appropriate response to this danger is not to reject technology per se, but to accept individual technological advances while preserving the poietic practices that resist a technological way of life.

So I make things. Hierdie is vandag se opbrengs: Speseryneute, vir 'n paar vriende as Kersgeskenke. 'n Gemmerbrood, om saam te neem vir J se ouers in Simonstad. Songedroogde tamatiepesto en 'n za'atar spesery rub, ook geskenke. Die haselneute wag om gerooster te word voor hul baci de dama word. En die gemarineerde olywe (knoffel, rissie, tiemie) is deel van 'n hele ander pakkie wat ek bymekaar sit vir my M-studieleiers, as 'n I-can't-believe-we-actually-finished-this token.

(Ook, hierdie is nie die beste foto wat jy ooit sal sien nie. Dis 'n skill waaraan ek nog werk. En die realiteit van foto's neem in jou eie huis is dat daar altyd, ALTYD, een of ander donderse huishoudelike objek is wat die beeld photobomb.)

1 comments:

Corné Müller said...

Ik woude nog altijd een Amische vriendin... ;-)