Dec 23, 2012

sjokolade Jackson Pollocks

Ons is in Simonstad, by J se ouers. Dis 'n werkende vakansie vir beide van ons (ek het 'n donderse Phd-proposal wat oor 'n paar dae moet in), so ek sit tans en werk en kyk vir die see. Vanmiddag is daar familie wat oorkom vir ete, dus 'n wildsboud in die oond. Voorgereg is gravlax wat ek van Arkadia gebring het, nagereg is crème brulee. Maar totdat ek klaar is met die literature study, moet ek jul eers laat met net foto's. Van nog koekies vir J se oumas. Hier is die sjokolade Jackson Pollocks. Ontsettend baie kakao, 'n bietjie rysmeel vir ekstra snap, en 'n drizzle sjokolade bo-oor. Esteties plesierig, dink ek.

1 comments:

Jeanne said...

hahaha - beste koekienaam ooit!