Dec 25, 2012

lebkuchen

Ha! Ek het hiervan vergeet. Peter Veldsman se lebkuchen. Meer koek as koekie, met baie amandels, naeltjie, kaneel, neutmuskaat, en wonderpeper. En gemmer. Heelwat gemmer. As dit afgekoel het sny jy dit in blokkies en doop dit in donkersjokolade. Verkieslik terwyl jy The Wire kyk, motherfucker.

Weereens, geseënde Kersfees. In die onsterflike woorde van D'Angelo Barksdale, Da game be da game.

Ns: En 'n laaste meevallertjie: gaan hierheen vir 'n pragtige post oor ons Kerspartytjie, twee weke terug. Waar daar kersversierings gemaak en koekies gebak is. Ons het Adventkerse aangesteek, aarbeisorbet voorgesit, later 'n paar amandel- en sjokoladetruffels. En warm gemmerkoekies. En vars brood. Daar is van die tuisgebroude bier gedrink, en sjampanje, en baie rabarberbier, waarvan ek jul nog sal vertel. Ons het geen foto's geneem nie, want ons was te besig om te sorg almal se glase is vol, maar Riëtte en haar man Thys het 'n jolly goeie job gedoen.

0 comments: