Dec 3, 2012

kaastoebroodjies


Wat 'n bedrywige twee weke. Ek stuur aansoeke weg en doen onderhoude vir moontlike Phd-befondsing, en J het per ongeluk (!!) 'n fabulous werk gekry in die stad en werk tans nogal lang ure. Op die nipper het ek toe ook 'n catering gig aanvaar en vir 20 gaste canapes gemaak verlede maak, en in die proses my hand erg genoeg gebrand om 'n trippie na die hospitaal in te sluit. Intussen is daar ook kerspartytjies, etes met vriende en kersfeesvoorbereidinge, waaroor ek jul intussen sal vertel - ek is eindeloos opgewonde.

En alhoewel ons moeg is (dit was 'n lang jaar), is dit so exciting om op dieselfde plek te wees, in dieselfde huis. Ek gaan aanhou om dit te sê, want ons is so bewus daarvan.

Hierdie is gisteroggend se ontbyt, terwyl dit reën. Broodjies gebraai in die pan, met kaas, korrelmosterd, en swartwoudham.


1 comments:

Marie said...

Jy maak my nou so, so honger.

Eina! Jammer oor jou hand. Hoe't dit gebeur?

Mal oor die fotos.