Dec 24, 2012

die laaste van die Kerskoekies



Oukersaand. Ons drink wyn. En bak brood. Môre is daar 'n groot Kersdagete, intussen verpak ek 'n helse klomp koekies. Benewens dié wat ek reeds oor gepost het, is daar ook hierdie – dainty suikerkoekies, en baci de dama. Die baci de dama is gluten-vry! Die eerste lekker gluten-vrye koekies wat ek nog ooit geproe het. Met baie, baie haselneute, rysmeel, en donker sjokolade. Hul is petite, een-happie koekies. Die oumas (en een lovely ou tannie wat ook elke jaar saam Kersfees hou, verlangs familie van J maar met die mees heerlike stories van haar wilde verlede) kry elkeen 'n groot plein glasbottel met koekies, toegedraai in 'n vrolike Kersstrik.

Geseënde Kersfees, rakkers. Mag die wyn goed wees.

0 comments: