Dec 27, 2012

cake and decay

Gistermiddag het 'n vriend van my ouers sy 11-jarige seun en 'n 14-jarige maatjie gevat om vis te vang op 'n plaas in die Vrystaat. Oppad terug het hy beheer verloor oor die kar, is opslag dood. Die kinders lê tans beide in intensiewe sorg.

Ek het die man amper glad nie geken nie, die kinders het ek nog nooit ontmoet nie. En tog sit ek en dink hieraan sedert ek gehoor het, dompel dit my ineens in 'n miserabele morbiditeit. To be fair, dis nooit geweldig ver weg nie. Ek spandeer 'n groot gedeelte van my lewe aan skryf oor uiters depressing onderwerpe. Vir twee jaar lank het ek geskryf oor die dood. Vir die volgende vier jaar beplan ek om te skryf oor Godverlatenheid. This is what I do. En tog bly hierdie man se dood en hierdie kinders se hospitaalbeddens nie vir my minder ontstellend nie. Ek vermoed ek het my teoretiese ondersoeke na die dood destyds begin omdat ek gehoop het om somehow iewers iets beter te begin verstaan. Dit het nooit gebeur nie. Dit maak vandag nog minder sin vir my as die eerste keer wat iemand 'n geweer teen my kop gedruk het, en tog hou ek aan lees, hou ek aan skryf, probeer ek steeds my weg vind deur hierdie labirint van onverstaanbare wreedheid. En dus, om my sanity te behou, moet ek myself dikwels dwing om oor ander dinge te dink. Meestal oor koek. Soms oor die reël van partytjies. Maar dikwels oor koek. This might eventually be my secret – I think about cake so that I don't have to think about death.

Dit was gisteraand se storie. Om nie aan die slaap te raak met hierdie gedagtes in my kop nie (om enigsins aan die slaap te raak, in die eerste plek), het ek gedink aan koek. Aan hierdie rococo cake, wat ek baie jare laas gemaak het, met sy baie lae vol rum en mascarpone. Of aan karpatka, die Poolse roomkoek wat selfs by soettandloses aanklank vind. Nigel Slater se pistachio- en suurlemoenkoek, wat ek soms met gebakte vye voorsit, die papawersaadtorte waarvan ek elke dag van my lewe kan eet, die gewone witkoek uit my jeug, wat my ma sou bak sommer net omdat sy lus was, wat anyway die beste rede is om ooit 'n koek te bak.

Dit is waaraan ek gedink het gisteraand, en dit is tien teen een waaraan ek gaan dink vanaand. This is our sole defense against the season/These are the things we have learned to do/Who live in troubled regions.

Naskrif: 'n Ruk gelede het ek begin kolwyntjies bak vir kinders wat andersins nie koek sou kry nie. Ek weet nie wat de donder om te doen oor al die wees- en armkinders in hierdie land nie, ek voel meeste van die tyd net uiters magteloos. Die koek is 'n poging om somehow iets liefliks in hul dag in te bring. Hier is 'n paar uit een van die vele baksels.


1 comments:

Jeanne said...

'm Fantastiese post. Ek skryf nie elke dag oor die dood nie maar ek weet wat jy bedoel van jouself dwing om orr ander dinge te dink. Kos is altyd 'n goeie opsie. Sterkte...