Nov 14, 2012

koek in die laatmiddag

Dis 'n stil dag. Een waar ek meestal net op die bank wil sit en Heidegger lees, probeer uitfigure wat de hel ek drie jaar van my lewe in navorsing op gaan spandeer. Hubert Dreyfus steek in my kop vas: “Heidegger would say that the understanding of what it is to be changes each time a culture gets a new artwork”. So, ek dink alweer oor Dasein.

En ek vrek vir 'n stukkie koek. Hierdie is my lentedagkoek, wat ek nooit gepost het nie, 'n haselneutkoek met roomkaasversiering. Dit is wat eksistensiĆ«le laatmiddae vereis – 'n glas wyn, 'n stukkie koek, en 'n stapel boeke om deur te werk.



0 comments: