Nov 16, 2012

an omelette and a glass of wine

It's not been the best of weeks. Vir een of ander rede voel dit die laaste paar dae asof ek faal in elke aspek van my lewe, en wel, dis nogal 'n depressing gedagte. So ek lees. Nog PhD-voorbereiding, nog Heidegger en Jean Luc-Nancy, en heelwat Charles Taylor. En vandag, drink ek 'n klein glasie wyn saam met middagete. 'n Omelet, met 'n bietjie beleë cheddar, groenuie, en kolbasz, 'n gerookte Hongaarse wors.

Nov 14, 2012

koek in die laatmiddag

Dis 'n stil dag. Een waar ek meestal net op die bank wil sit en Heidegger lees, probeer uitfigure wat de hel ek drie jaar van my lewe in navorsing op gaan spandeer. Hubert Dreyfus steek in my kop vas: “Heidegger would say that the understanding of what it is to be changes each time a culture gets a new artwork”. So, ek dink alweer oor Dasein.

En ek vrek vir 'n stukkie koek. Hierdie is my lentedagkoek, wat ek nooit gepost het nie, 'n haselneutkoek met roomkaasversiering. Dit is wat eksistensiële laatmiddae vereis – 'n glas wyn, 'n stukkie koek, en 'n stapel boeke om deur te werk.



Nov 13, 2012

panzanella

Ons gaan vanaand fliek. Hierdie is aandete, vir eet uit kosblikke op ons skote. Panzanella: stukkies oorskiet baguette, geroosterde soetrissies en kersietamaties, baie klein swart olyfies, 'n paar ansjovisfilette, en 'n slaaisous van olyfolie, asyn en 'n klein bietjie basiliepesto. Ek gaan nou oefen om ook 'n bottel wyn in my handsak in te pas.


Nov 12, 2012

avokadomousse

Hierdie was my en J se eerste aandete saam, net na hy geland het 'n paar maande terug. 'n Retro avokadomousse (in my prettige vintage glasbak, te danke aan die Volkshulp tafel by die Boeremark), swartwoudham van die Holstein slagter, en 'n baguette.

Ns: Oorspronklike inspirasie van Luke Dale-Roberts.

Nov 11, 2012

laatmiddag tapas (6)

Poeding: Crèma Catalana, Catalunya se weergawe van crème brulee. Die room en melk word infuse met kaneel, vinkelsaad, 'n bietjie vanieljepeul, en suurlemoen- en lemoenskil. Dit kry uiteindelik ook 'n lagie suiker oor wat gekarameliseer word net voor jy dit opdien. Ons het uiteindelik nog 'n gang poeding gehad, 'n bordjie vol verskeie tipes kloosterkoekies uit kloosters in die omgewing van Antequerra, Malaga en Cadiz.

laatmiddag tapas (5)

En uiteindelik, terwyl die olie nog warm is, boquerones, oftewel diepgebraaide whitebait. Jy eet hul heel, kop, stert en al.

laatmiddag tapas (4)

Hoe later, hoe kwater. Aangesien ons nie padron peppers in die hande kon kry nie (het enige van jul al padrons in Pretoria gesien?), het ons jalapenos gebruik. Gebraai, en met sout besprinkel. Die draining paper is bladsye uit ou skripsie drafts, so als is net dood en Dasein.


laatmiddag tapas (3)

En toe: Boerbone en cefalopodo. Die cefalopodo is klein stukkies seekat gemarineer in olyfolie, wat J van Spanje saamgebring het. Met nog sangria. Volgens 'n resep wat ons gesteel het by 'n ou, sweterige oom wat vir ons die mees amazing sangria in Barcelona concoct het. Die oom, met 'n baard en gewoonlik in 'n vest, maak die sangria al sy hele lewe lank, as hy nie besig is om agter in die donker cervezeria sit en sokker kyk nie. Hy't 'n swaar hand met die rooiwyn, 'n ligte hand met die lemoensap, en twee geheime in die hand - Contreau en gin, 'n goeie skeut van beide. In Barcelona het ons elke aand 'n reuse beker daarvan uitgedrink, die jongste mense in die cervezeria met ten minste 20 jaar, en die eerste Engelsprekendes wat in 'n lang tyd daar ingestap het. Van toe af is dit die standaard sangria resep hier in Arkadia. Die bebaarde Spanjaard sou trots wees.

laatmiddag tapas (2)

Volgende: Bief carpaccio met growwe sout, geroosterde haselneut, en olyfolie.

laatmiddag tapas (1)

Gistermiddag het ons 'n paar vriende oorgenooi vir tapas en sangria. Eerste gang: porra*. J het dit geëet in Antequerra – 'n neef van gazpacho, maar aansienlik dikker. Die koue sop bestaan hoofsaaklik uit tamaties, brood, knoffel en olyfolie.

*die naam laat gaste snicker. Just so you know.


Nov 10, 2012

brood, bier, pancetta


Ons naweke lyk tans so: Vrydagaande is daar etes by vriende, of 'n braai by my gesin, of 'n buitelug filmsessie (yay vir warm somers in Snor City!). Saterdae is vir avontuur. Soos 'n staptoer deur die middestad van Johannesburg, pawn shopping in Rosettenville, of die maak van ons eie film. Sondae is rustiger, en meestel binnenshuis. Ons was wasgoed, maak huis skoon, maak kos. En van verlede Sondag af, werk aan 'n paar projekte – soos brooddeeg wat vir dae lank stadig fermenteer, of die curing van nog 'n pancetta (hy hang tans in die gastekamer!), of, ons groot bron van opwinding tans: die brou van bier, soos die foto hierbo getuig. J sal binnekort hieroor berig, maar intussen kan ek noem dat dit baie pret is om dag na dag te loer hoe al die projekte vorder, en seker te maak die kamers waarin die verskillende projekte gehou word se temperature is reg. As ons by die huis kom loop ons eers 'n draai deur die woonstel en inspekteer die bierhouer en die deegbak en die hangende vleis. Hier is my pragtige pancetta, wat my eindelose genot verskaf.

Nov 9, 2012

apple cider doughnuts

Reënerig vandag. Perfekte weer vir apple cider doughnuts (ek besef oliebolle is die offisiële term, maar dit klink wragtig net nasty). Ek het hierdie 'n paar weke terug gebak vir 'n paar vriende, laatmiddag na werk. Ons het wyn gedrink, en ek het die oliepot beman (ek het dus nie veel wyn gedrink nie). Hierdie was baie eenvoudig, met 'n goeie dosis apple cider reduction vir die appelgeur, en 'n dun lagie kaneelsuiker bo-oor. Teen die tyd wat hul gaar was was die lig nie meer aanneemlik vir foto's nie, so jul moet maar jul verbeelding gebruik. Die eenvoudige modernist circles van die ongebakte doughnuts verskaf my wel estetiese plesier.

Ns: Oorspronklike resep van Smitten Kitchen. Hul word wel met bakpoeier in plaas van gis gemaak, wat hul dus meer koekerige doughnuts maak, nie presies wat ek in gedagte gehad het nie. Volgende keer gebruik ek 'n gis-resep.

Nov 8, 2012

Vietnamese springrolls

Stadigaan raak ons gewoond aan weer 'n spasie deel. En ontwikkel 'n roetine. J staan gewoonlik eerste op en sit die Bialetti op die stoof (behalwe op Maandae, as ek 'n vroegoggend deadline het en dus van douvoordag af sit en werk in die bed). Ons eet 'n stukkie beskuit, courtesy of mijn moeder. Gesels. Ek vertel wat ek in die nag gedroom het, vra of J iets gedroom het. Die antwoord is altyd nee. Tussendeur die werkery sal een van ons ontbyt maak, gewoonlik laatoggend. Ons het twee werkspasies. Ek werk op 'n bank in die sitkamer (of by die eetkamertafel, as ek besig is om te merk), J werk of in sy studeerkamer of op 'n bank oorkant myne. Ons loer soms vir mekaar terwyl daar gewerk word, maar meestal is ons stil. Na middagete gaan lê ek vir 'n uur op die bed. Dit maak van my 'n meer produktiewe mens, en ek weier om sleg te voel daaroor. J werk terwyl ek slaap, of dink allerhande planne uit om die parquet vloere in die woonstel uitstekend te laat vertoon. Soms word ek wakker en vind hom besig 'n tafel af te skuur tydens die siesta. (Soms weet ek nie waar ek aan hierdie man gekom het nie, maar ek is donders dankbaar.) Omtrent 18h00 hou ons op werk. Maak 'n bottel wyn oop. Ek begin kos maak, J skuur weer bietjie aan die tafel. Van gisteraand af eet ons weer aan tafel, nou pragtig, glad en blink, en drink nog wyn. Die voordeur staan oop om die warm woonstel af te koel, en onder in die straat skree 'n prostituut verwoed op haar pimp. Die ander woonstelle se kosgeure dryf by die woonstel in; vanaand is daar boerewors wat op die stoof gebraai word, en 'n baie spicy kerrie.

Iewers voor ons gaan slaap sal J deeg vir 'n brood meng, ek sal 'n bondel wasgoed in die masjien sit. Op 'n stadium in die aand raak ons stil, te moeg om nog te gesels, en sit meestal net langs mekaar op die bank en drink 'n laaste glasie wyn, dieselfde bank waar ons mekaar die eerste keer gesoen het. Soms kan ek nog nie glo ons is weer in dieselfde land, in dieselfde huis nie. Die doodnormale domesticity van kruidenierslysies en wasgoed en wakker word met iemand langs jou in die nag is so  uiters underrated.

Hierdie was een van ons aandetes die laaste paar weke. Vietnamese spring rolls, met wortel, kruisement en spring onion, en 'n garnaal. Nie vreeslik netjies opgevou nie (J s'n lyk aansienlik beter, maar somehow het ons nie foto's van sy pogings nie), maar leuk. Gedoop in 'n bietjie sojasous, geeet sonder mes en vurk, net so by die tafel, met baie servette.