Sep 4, 2012

proviand


Johannes is hier, het gister twee weke terug aangeland. Daar was binne die eerste paar dae (alweer/nog steeds) 'n hele paar besluite wat geneem moes word oor die toekoms, 'n topsy-turvy pretrit (okay, 'n rit, sonder die pret). Maar hy is hier. Ons raak nog gewoond aan heeltyd in mekaar se spasie wees, en J raak gewoond aan terug wees in die land, met al die goeie dinge wat dit meebring, met al die gevaarlike implikasies wat skielik weer 'n realiteit is.

Intussen gaan ons Boeremark toe. Hier is die eerste week se voorraad - avokados, baie vars roket, aarbeie, 'n bos lelies, aartappels en uie, brusselse spruitjies en ertjies en broccoli, jogurt, 'n vars Bread Gypsy brood, en eiers.

0 comments: