Sep 24, 2012

proviand (2)

Hierdie week se Boeremark kopies. Lente is inderdaad hier. Ons gaan hierdie week die Moot verken ('n somewhat dodgy Afrikaanse gedeelte van die stad), Skoonheid kyk (Oliver Hermanus FTW), en 'n paar vriende oornooi vir hamburgers en sangria. Die naweek wag daar een van die lente se eerste braaivleise, en 'n oggend by Arts on Main.

Stadigaan raak ons weer gewoond aan hier wees, saam, in my huis. Wat hopelik gou weer soos Johannes se huis sal voel. Ten minste vir die volgende paar maande, aangesien ons besluit het, na vele omwentelinge en veranderende omstandighede en donderse, donderse visas, dat ons nie dadelik 'n skuif na Europa gaan maak nie, maar vir 'n paar maande gaan herstel van ons tesisse, werk deur ons quarter-life krisisse, en uiteindelik in een stuk die vreemde betree. So, vir nou, is ons in Arkadia. En hierdie is ons eetkamertafel.

0 comments: