Aug 3, 2012

khachapuri & geroosterde pampoensop

Ek sal jul 'n presiese vertelling van die laaste paar weke spaar, omdat dit nie uiters interessant is nie.  Al wat ek sal se is dat dit baie onvoorspelbaar was, 'n hele paar ewe moeilike opsies aangebied het, en dat ons twee weke terug 'n besluit geneem het om te woon in Salisbury, in die Verenigde Koningkryk.  Ek sou middel Augustus vlieg, maar vanweë 'n paar komplikasies lyk dit nou of ek vir nog 'n hele paar maande in Arkadia sal wees.  Maar J sal ook hier wees, vermoed ons, en sal oor drie weke hier arriveer.

Meestal probeer ons onsself nog heroriënteer met al die skielike veranderinge aan ons planne.  En meestal is ons net gatvol.

Intussen lees ek oor trauma studies, dink oor moontlikhede vir 'n doktorsgraad, en kry my appartement weer reg vir twee mense om in te woon.

En probeer rustigheid verkry deur eerste beginsels.  Soos middagete maak, 'n taamlike elaborate middagete vir 'n werkende weeksdag, sodat ek tussendeur lesery deeg knie en pampoen skil.  Khachapuri, die Georgiaanse kaasbrood, wat jy warm eet sodat die mengsel van feta, ricotta en mozzarella smelt en op jou bord uitloop.  En 'n geroosterde pampoensop, uit Moro East, met baie rissie en kaneel.  Daar is genoeg sop vir 'n horde, so ek vries helfte om my en J te sustain oor 'n paar weke, in wat uiteindelik ons huis sal wees.  Ten minste vir 'n rukkie. 

3 comments:

Saskia said...

Khachapuri! Was dit moeilik om te maak? En watter resep het jy gebruik? Ek smag daarna. En sterkte met al die wag en onsekerhede, ek weet presies hoe erg dit is. En exhausting.

arcadia said...

Hi Saskia!

Nee, dit is nie moeilik nie. Ek volg Nigella Lawson se resep uit Feast, wat sy gekry het by 'n Georgian ouma wat die restaurant Little Georgia in Hackney run. (By the way, dis 'n lovely klein restaurantjie - ek sal dit absoluut aanbeveel.)

Hier is 'n online weergawe van die resep - http://www.travelerslunchbox.com/journal/2006/2/15/a-georgian-feast.html

Marisa said...

Daai brood kline absolute hemels! As self-erkende kaas slet MOET ek dit probeer.