Aug 6, 2012

die begin

Jare terug, op hierdie dag, het ons op my goue fluweelbank met tossels (ja, ek besit een, 'n vintage nommertjie uit die vyftigs) gesit, en vir die eerste keer gesoen.  (Dit was 'n goeie soen).  Dit was net na 'n gesprek oor die Bauhaus aesthetic, 'n gesprek wat tot vandag nog aangaan.  Ek wens ek kan onthou wat ons daardie aand geëet het.  Of die aand daarna (daar was weer 'n soen, natuurlik).  Wat ek wel kan onthou is dat J die volgende dag 'n spesiale bottel rooiwyn uit Spanje uit sy kas gehaal het en na my huis gebring het, en dat ons die heel aand klein glasies daarvan gedrink het.

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Te danke aan Flickr het ek pas uitgevind wat ons daardie aand geëet het.  Carpaccio, gemaak van 'n reuse Boeremarkfillet, met wat lyk soos 'n heerlike slaai aan die kant.  Vir poeding – gestoofde rabarber.  Met room, as ek myself ken.  (Hier is J se foto van daardie aand se tafel)

3 comments:

the sourcerer said...

sug...
eerste soene op banke is die hemel. my en S s'n was op my grys fluweel bank, geen tossels maar nogtans baie lekker.
die kos was Indies.

Riette said...

Ek LOVE jou goue fluweel bank met sy tossels - die perfekte plek vir 'n eerste soen. Wat 'n mooi storie, dit roer my hart 'n bietjie...

m-l said...

Aspersie risotto en 'n baie krapperige bruin bank.