Aug 5, 2012

crumpets

Geen nuwe nuus hierdie kant nie.  Daar word steeds veels te veel tyd spandeer op visa webtuistes, op die foon met konsulate, en in die ry by Binnelandse Sake.  That is all.

Maar hier is crumpets, wat ons 'n maand terug in Lymington in die New Forest gehad het, vir tee.  Hul was 'n absolute openbaring, en ek kon nie glo ek het soveel tyd in die VK spandeer die afgelope paar jaar sonder om hul te eet nie.  Varsgebak, sodat die warm botter insypel by die klein gisgaatjies.

(En dit sal nie Engeland wees as daar nie konfyt en clotted cream aan die kant is nie.  God bless the queen.)


1 comments:

Leon van Eck said...

Crumpets is vir my pornografies mooi. En die naam alleen is heel titillating.