Jul 31, 2012

dinner party spyskaart: winter in arkadia

Eendag gaan ons terugkyk op hierdie tyd, en lag. 

Maar vir nou is dit effe minder snaaks.  Die onsekerheid keil ons beide op.  Dit, en net die donderse verlange.  Ek hou myself aan die gang met dinner party spyskaarte, loop rond in groentewinkels en slaghuise en lys die disse hardop, soos inkantasies.  'n Viskerrie uit Sri Lanka, met ontsettend baie knoffel en gemmer, met stokvis en klein garnaaltjies.  Varsgebakte brood.  Rabarber crumble met dik room. 

This is our sole defense against the season
These are the things we have learned to do
Who live in troubled regions

(Adrienne Rich, Storm Warnings)

0 comments: