Jun 28, 2012

love in the time of visas


Eerste dinge eerste.  I realise these apologies are getting old, maar jammer vir die lang stilte.  Hierdie jaar was tot dusver 'n taamlike deurmekaar een vir my en J, en dus het Voer baie daaronder gely.  'n Donderse doktorsgraad, 'n donderse meestersgraad, onsekerheid oor die toekoms.  En nou is ons hier, in wat seker die mees surrealistiese tydperk tot nog toe is.  Ek het twee dae terug gearriveer in Pretoria, in my geliefde Arkadia, na 'n vinnige 10-dae trippie na Engeland, vir 'n konferensie, en vir J.  Ons is, wil dit blyk, in die laaste pylvak van die jarelange separation.  J gaan vir onderhoude in vreemde lande, spandeer baie ure op die foon met die UK Border Agency, ek het bedank en is van more af offisieel werkloos, en ons is skielik in 'n uiters surrealitiese ruimte van huise en woonstelle wat opgepak moet word, van werkspermitte en lang gesprekke oor watter lande die beste vir ons sal wees, van die realiteit van afskeid neem van my vriende en familie hier.  En van uiteindelik in dieselfde land, in dieselfde huis, vir langer as twee maande op 'n slag, woon.  (Which is the exciting part).  Love in the time of visas. 

So as ons stil is, is dit omdat ons naarstiglik probeer besluite neem, en op sekere vlakke, net die dag oorleef.  (Ek is veral geamuseerd oor die feit dat al neem ons al afskeid van mekaar vir baie jare, elke kort-kort, dit steeds so uiters moeilik bly.  Ek weet nie eens hoe lyk Heathrow behalwe deur 'n waas van trane nie.)

Hopelik is ek binnekort weer terug.  Daar is immers formidabel geëet die laaste ruk.  x

(en dankie aan J se ma vir hierdie foto!)

3 comments:

Marie said...

JIRREKRIEK, maar dis exciting! Of, soos, my pa dan sou se, That's just too much goddamn excitement.

The Great Unknowing.

Dis uiters opwindend, en ek verstaan die vrees. Dis baie moeilik. Op ons oudag sit ek en Vince nou met die probleem, in reverse.

Ek het nie geweet ek verlaat die land toe ek die land verlaat nie. Dit was met 'n tas, en vir 6 maande. En kyk hoe lyk ek nou. En jy is baie na aan jou familie, so dit sal ook moeiliker wees.

Daar is eintlik niks useful om te se nie. It's a new chapter, blank pages; you'll learn things about yourself and about your family that you could not have, otherwise. Good things. You'll learn the imbalance of having feet on different continents, the permanence of being an outsider. And yet you'll adopt the camouflage of your setting until you belong there, too.

It's a wild ride. Be of good cheer.

arcadia said...

Dankie, Marie. Die plan is om vir 'n paar jaar in Europa/Engeland te woon, darem nie om vir ewig te waai nie :-) Ons is opgewonde oor die moontlikheid van woon in die vreemde, maar ja, dit is ook moeilik.

En oudag se gat, man.

Marlette said...

Sjoe, hoe absoluut exciting!

Ek kan my net indink wat se wonders jy vir ons sal opdis as jy jouself in 'n ander land bevind!

My stert brand om vir 'n ruk êlders te gaan woon. En êlders te shop, en te kook en te drink.

Sterkte met al die besluite. Ek weet dit is gewigtig, en voel so uiters belangrik, maar 'n avontuur bly 'n avontuur. En regret is 'n bitch, hoor.

Alle sterkte en happiness.
Marlette.