Jun 28, 2012

love in the time of visas


Eerste dinge eerste.  I realise these apologies are getting old, maar jammer vir die lang stilte.  Hierdie jaar was tot dusver 'n taamlike deurmekaar een vir my en J, en dus het Voer baie daaronder gely.  'n Donderse doktorsgraad, 'n donderse meestersgraad, onsekerheid oor die toekoms.  En nou is ons hier, in wat seker die mees surrealistiese tydperk tot nog toe is.  Ek het twee dae terug gearriveer in Pretoria, in my geliefde Arkadia, na 'n vinnige 10-dae trippie na Engeland, vir 'n konferensie, en vir J.  Ons is, wil dit blyk, in die laaste pylvak van die jarelange separation.  J gaan vir onderhoude in vreemde lande, spandeer baie ure op die foon met die UK Border Agency, ek het bedank en is van more af offisieel werkloos, en ons is skielik in 'n uiters surrealitiese ruimte van huise en woonstelle wat opgepak moet word, van werkspermitte en lang gesprekke oor watter lande die beste vir ons sal wees, van die realiteit van afskeid neem van my vriende en familie hier.  En van uiteindelik in dieselfde land, in dieselfde huis, vir langer as twee maande op 'n slag, woon.  (Which is the exciting part).  Love in the time of visas. 

So as ons stil is, is dit omdat ons naarstiglik probeer besluite neem, en op sekere vlakke, net die dag oorleef.  (Ek is veral geamuseerd oor die feit dat al neem ons al afskeid van mekaar vir baie jare, elke kort-kort, dit steeds so uiters moeilik bly.  Ek weet nie eens hoe lyk Heathrow behalwe deur 'n waas van trane nie.)

Hopelik is ek binnekort weer terug.  Daar is immers formidabel geĆ«et die laaste ruk.  x

(en dankie aan J se ma vir hierdie foto!)