May 25, 2012

troepiekoekies

Ek bak koekies, vir die nimlike Hanli.  Sy het my hele tesis met haar superskerp oog deurgewerk net voor ek ingegee het ‘n paar maande terug, en nog ‘n helse klomp foutjies gevind.  Sy is veral uitstekend met identifiseer wanneer die apostroof dalk na die verkeerde kant toe wys.  Ahem.    So as bedanking kry sy twee boksies.  Die eerste is ‘n speseryboksie, met botteltjies sperserymengsels wat ek gemaak het.  Ras-el-hanout, za’atar, geroosterde Kashmiri kerriepoeier, jerk spesery, butter chicken masala, en dan ook ‘n paar ander interessanthede, soos seesout-en wier uit die Atlantiese oseaan, szechuan peperkorrels, gedroogde shitake sampioene.  Die tweede boksie is koekies.  Groenteebrosbrood (jy kan die spikkeltjies tee sien, baie pretty), vy- en balsamiese asynwieletjies, speculaasjes, en troepiekoekies.  Troepiekoekies, mense.  Like a boss.  Ek het hul laas geëet toe ek ‘n kind was, en toe skielik onthou van hul.  Via Google ‘n resep opgespoor (my ouma het al geslaap, anders het ek haar gebel), in die proses ‘n paar scary verregse webwerwe gevind (met nog scarier resepte, soos groenbone met Niknaks), maar uiteindelik my troepiekoekies in die oond gehad.  Definitief nie vir die laaste keer nie.  

0 comments: