May 19, 2012

Sweedse frikkadelle

Ek sit tans en skryf op Kaapstad se lughawe.  Langs my staan die mees gruwelike koffie wat ek al ooit moes drink (thanks for nothing, Mugg and Bean.   Hul het wel ‘n prop vir my baie sad laptop, which is why I’m here.  But I digress.)  Ek het ‘n week terug hier geland, en is nou weer oppad terug na ‘n baie vaal Pretoria.  Die tyd hier het 'n uiters debaucherous naweek in Tulbagh ingesluit, waarvan ek jul nog in flagrante detail sal vertel, maar vir nou is ons nog by die verjaardagetes wat gevolg het na my laaste post.  Daar was drie verjaardagetes.  Die eerste was die ancho-chipotle-koffie-short rib herfsbredie.  Die tweede ete was ‘n week later.  Ek het ‘n hele middag gesit en baie klein frikkadelletjies rol, gebaseer op Marie se resep vir Sweedse frikkadelletjies.  Bees, vark, gemmer, pimenton, neutmuskaat, baie broodkrummels, melk.  Daarna het ek ‘n goeie twee uur gestaan en frikkadelletjies in botter braai, wat geweldig tedious klink maar eintlik vreeslik terapeuties was, amper mediterend.  En aan die einde daarvan het jy ‘n reuse bak lieflik bruin-gebraaide frikkadelletjies.  Hul is bedien saam met ‘n groot pot kapokaartappel (die geheim: baie melk, baie botter, baie klop.  En geen donderse bakpoeier nie.  Wie de hel sit bakpoeier in kapokaartappel?  Dis soos maizena in witsous.  Don’t get me started.)  Daarmee saam natuurlik die uiters orgasmiese roomsous, te danke aan Ikea, en ‘n lepeltjie lingonberry konfyt, vir aan die kant.  En omdat ons reeds gesit het met ‘n geweldige calorie bomb van ‘n ete, het ek besluit om nie daar te stop nie.  So vir nagereg was daar Peter Veldsman se weergalose sjokolademousse, wat ek net een keer ‘n jaar maak, op my verjaardag.  Ook omdat dit tussen 2 en 3 ure neem om te maak.  Dit is altyd ‘n showstopper, veral omdat meeste van die sjokolademousse wat ‘n mens in restaurante eet (selfs die goeies) so uiters teleurstellend is.  Een van die gaste het selfs in ‘n oomblik van nostalgiese terugverlang na die dae van Veldsman se agterbladresep in die Rapport Tydskrif uitgeroep, “Peter Veldsman was befok, man!”.  Befok inderdaad. 

0 comments: