May 1, 2012

herfsbredie

Kom ons wees eerlik – ek was die laaste ruk ‘n taamlike crappy blogger.  Die tydlyn is as volg: Net meer as vier weke terug het ek my M ingegee, en daarna het dinge skielik baie stil geword.  Die stilte het presies drie dae geduur, voor ek weer moes wegval aan al die werk wat ek uitgestel het in die laaste paar weke van deurdruk.  Maar nou is ek weer hier, pas terug van ‘n paar dae by die see, waar ek verwoed geswem het en in die middel van die dag gesit het met ‘n gin en tonic in die hand.  En môre is my verjaardag, die gunsteling dag van my jaar.  So ek sit en eet ‘n bord polenta met ‘n bredie van short rib wat gestoof word met koffie, anchorissies en esdoringstroop (dankie, Marie!), chipotle rissies (dankie, Barcelona!) en groot hoevelhede knoffel.  Ek het dit ‘n paar dae terug voorgesit vir ‘n paar gaste vir die eerste van my reeks verjaardagetes (regtig, jul het geen idee hoe opgewonde ‘n verjaardag my maak nie).  Vir poeding was daar ‘n bittersjokoladesop, met beskuitjies en ‘n stinkerige bokmelkkaas, en ‘n romerige St Andre brie.  Daar was baie sjampanje, en gluhwein, en selfs tulpe.  Tulpe in die voorhuis.  This bodes well. 

1 comments:

Anonymous said...

Baie geluk met jou verjaardag. Hoop jy kry meer as een G&T in op die spesiale dag.