Mar 11, 2012

linzer torte

Liewe vader.  Red 'n volk.  Dinge is die laaste ruk hier so stil want ja, ek is steeds besig met eindelose tesis afronding.  J het gister sy Phd defence gehad, en is nou offisieel 'n Doktor.  Persoonlik dink ek dit is 'n uiters aanneemlike en aantreklike titel.  Ek gee intussen oor 2 weke my tesis in, so ek slaap min en eet basies net 1) Woolworths se black pepper crisps, 2) special K graanvlokkies, en 3) hoenderdytjies wat ek vinnig in die oond kan bak met ras-el-hanout/ za'atar/ jerk speserye 4) groot hoeveelhede wooded chardonay.  Goed, en die 2kg pimenton peppers wat ek aangeskaf het omdat hul so uiters pragtig was.  Maar!  Hier was intussen ook 'n ete, en vir die ete was daar poeding.  Van die ete sal ek jul nog als vertel, maar hier is solank 'n verruklike voorsmakie.  Linzer torte, in Arkadia.  Goed.  Ek moet terugkom by Dasein en die dood.  Sien jul binnekort. 

1 comments:

Anairam said...

Ag, ek het gekom vir mooi Afrikaanse woorde en heerlike kos maar eintlik veral koek, waarvoor ek nou so 'n verskriklike craving het, en toe scroll ek maar af tot hier. Ek hoop nie jou wederhelf gee om nie. (ek het darem die stukkie oor Malaga gelees en dit klink alles baie lekker) maar koek is wat ek soek. Vergeef my dat ek nou so 'n bietjie digress, maar my oorle' ma het skoolgehou (vir Graad Een's) by 'n arm skool, en daar het hulle sop op Vrydae vir die kinders gegee, maar hulle moes 'n nominale bedrag van 2c betaal, en sy het hierdie een seuntjie gehad wat elke Vrydag voor haar kom staan en dan slaan hy sy vuisie (waar daar altyd net 'n 1c- of 1/2c-stuk in was) so op haar tafel neer,en hy s^e: Ek soek sop!! Met so 'n houding van: Jy beter nie vir my kom vertel ek het meer geld nodig nie. Hier is my geld en Ek Soek Sop! Nou ja, so wil ek s^e: Ek Soek Koek! Behalwe natuurlik dat ons situasies heeltemal verskillend is en nou weet ek nie eintlik hoekom ek die storie vertel het nie.

PS Voorspoed met die tesis en geluk met die ander PhD. Dis inderdaad iets om op trots te wees. Waarin is dit? Ek meen, wat bedryf jou wederhelf?