Feb 14, 2012

ridley road market, dalston

Hierdie is die Ridley Road Market in Dalston, Londen.  Daar vind jy, in geen spesifieke orde, gedroogde vis uit Nigerië (egusi), meer beespote as wat jy al ooit saam op enige plek gesien het, en religieuse haarkappers.  Ons het heel tuis gevoel.  Asof ons in Sunnyside rondloop, maar met meer vriendelike Halaal slagters.  Dieselfde gevoel van duisende immigrante se stories wat die plek deurgrond – Oos-Europieërs, Ghanese, Jamaikane, vrouens met burkas en oumas uit die old country wat nie 'n woord Engels kan verstaan nie.

By die wonderlike Turkish Food Centre het ons vir middagete 'n reuse plat brood gekoop, vars feta uit 'n groot emmer agter die toonbank, 'n klomp gemarineerde olywe.  Piekniek gehou in 'n park, verplaas nes die res. 








2 comments:

Marie said...

Jy't my nou lusgemaak vir 'n bak olywe, preferably Johan-hulle s'n. Hoekom het ek nie 'n bottel saamgebring nie?

Jeanne said...

Lyk fantasties - en herrinner my aan Queen's Market hier in the Verre Ooste (!) van London. Was julle al Brixton Village toe? Fantastiese plek - jy voel asof jy nie eers meer in Engeland is nie - 'n weekend break op die Tube!