Feb 20, 2012

kolwyntjies

Hierdie is die enigste dingetjies wat die naweek uit my kombuis gekom het.  Gebak Vrydagaand, na 'n drie uur-lange personeelvergadering.  Na 'n middag van Pierre Bourdieu.  Na my tweede gin and tonic.  Ons het die volgende dag gaan piekniek hou, ek en my gesin, en die gebak is saam.  Vanieljekolwyntjies met sjokoladeversiering.  Als wat nie by die piekniek geëet is nie het my Sondag versterk in my dag van slaap, Jeffrey Eugenides se The Marriage Plot, en nog gin and tonics (op die bed, besig om te lees).  En vandag weer, te midde van meer Heidegger as wat een mens ooit hoef te lees, en aansoeke vir konferensies heinde en ver. 

1 comments:

Anairam said...

Oe, dit klink lekker wild - al die gin & tonics. Weet jy darem nog wat jy lees, hahaha? Die kolwyntjies lyk baie mooi (en dis ook so 'n mooi woord, ek wonder wat is die oorsprong, sekerlik nie iets met kolle of wyn te doen nie, hmmm, ek moet dit opkyk ...) Maar eintlik is ek op soek na 'n resep vir peerkoek met gemmerroom. Ek het dit nou die dag in die koerant gesien (of Die Burger of die Cape Times, maar ek kan nie onthou nie watter een nie, wat ek wel weet is dit was nie die Daily Maverick nie, en dis al drie koerante wat ek daagliks lees) en nou is dit saam met die recycling gerecycle en kan ek dit nergens opspoor nie. En dit het so maklik gelyk, ek is seker selfs ek sou dit kon doen. Het jy so 'n resep Me Voer? Die pere (vars) was gechop, onthou ek, en dit het jy onderin gegooi met die batter bo-op en dit gebak, en dan het mens die ding so soort van kunstig omgedraai en uitgepop op hin bord, sodat die pere nou weer bo is, as jy weet wat ek bedoel. As jy in jou Koek Katalogus so iets het, sal ek bly wees as jy dit met my kan deel. (My skill-vlak is redelik laag, so enigiets te complicated is nie vir my nie ...)