Feb 1, 2012

halala

So, ek is terug.  Met nuus.  Hierdie is 'n monumentale week vir ons – J gee sy PhD in.  Ek dink gister terug aan die eerste keer toe hy my vertel het van sy navorsingsvraag, kort voor hy weg is, terwyl hy besig was om die boekrak te bou wat sy afskeidsgeskenk aan my was.  Ek het niks geweet van kompleksiteitsteorie, van cluster satellites, van market-based control nie.  Maar dit het als so donders opwindend geklink.  Op daardie stadium was ons nog onseker oor wat sou gebeur as hy die land verlaat, of wat ook al tussen ons was die afstand sou oorleef.  Maar daardie dag se gesprek het my laat dink, I want in.  Met hierdie man wat skielik een dag besluit het ek het 'n boekrak nodig om al die cascading boeke in die woonstel te huisves, wat besig was om hier voor my te sit en kap en skuur, wat so opgewonde kon raak oor sy navorsing.  En vandag is ek so donders trots.  Op hom, en op die feit dat ons aangehou het.  En op die 184 bladsye, op drie en 'n half jaar se werk.

In ander nuus gee ek oor 6 weke my tesis in, so dis pretty much nag.  Maar vanaand, as dit moontlik was, het ek die hoofstukke gelos, en die tafel gedek.  En ons het sjampanje gedrink terwyl ons uitkyk oor die stad, oor die Uniegebou en die Hotel 224 wat blink in die nag.  En ek sou vir ons 'n stukkie steak gaar gemaak het, met frites en potjies bearnaise aan die kant.

(En daardie boekrak staan steeds langs my bed.  Beste boekrak ooit.)

1 comments:

Petro said...

Hi.
Dit klink alles so romanties. Ek is bly julle kon albei vasbyt. Hy moet die beste wees. Enige man wat 'n boekrak maak, is 'n hero. My liewe man is handwerkgestrem, maar verlede jaar het ek 'n boekrakmuur of is dit 'n muurboekrak? gekry. Van muur tot muur en vloer tot dak. Laat maak, nogal.(dankie tog!) Beste geskenk ooit. En sterkte met albei die tesisse.