Jan 17, 2012

mieliebrood

Ek wag nog vir die beter dae.

Intussen bak ek mieliebrood. Marie s'n, maar met vars soetmieliepitjies bygevoeg. Soet, sag genoeg om te breek as jy nie versigtig sny nie, en heerlik met net 'n smeersel botter. Of saam met hoenderdytjies gebak met bietjie olyfolie en baie za'atar.

(En soos gewoonlik moet ek weer gewoond raak aan weer vir een kook; daar bly konstant hopeloos te veel kos oor.)

0 comments: