Nov 3, 2011

marokkaanse eier met tamatie en komyn

Vroegoggend.  Binnekort moet ek kampus toe vertrek vir 'n klas oor die Nigeriese filmindustrie, Nollywood, en 'n sessie met al my vierdejaars oor hul skripsies wat einde se kant toe staan.  In my kombuis kan ek hoor hoe 'n ontstelde prostituut 'n kliënt vir een of ander rede uitskel (ja, alreeds so vroeg in die oggend – hier ken koop en verkoop geen vaste ure nie).  Ek maak ontbyt, uit Casa Moro.  Geskilde tamaties wat met fyngekapte ui en komyn prut vir tien minute tot sag en sappig, voordat twee eiers bo-op gebreek word.  Soos dit gaar word maak ek roosterbrood, tot ek die hele pan se inhoud in 'n vlak sopbakkie tiep, die eiers teen hierdie tyd net na my smaak – soliede wit, heerlike sagte geel. 

0 comments: