Nov 1, 2011

artisjok- en groenolyfsmeer

Stil dag.  Dis steeds te warm om die oond aan te sit, so ek eet salm sashimi vir middagete en stokvis ceviche vir aandete, met elke moontlike venster in die woonstel wyd oopgegooi.

Die dag het ook 'n allerheerlike artisjok- en groenolyfsmeer opgelewer, met bietjie kappertjiesaad en knoffel daarby.  Goed op 'n stukkie vars baguette, of as crostini.  Of deur 'n pan spaghetti geroer, 'n bietjie olyfolie om dit nog gladder te maak.  Môre se middagete, as ek moet raai.

0 comments: