Oct 5, 2011

om beter te kan sien, my kind

My nuwe gunsteling vinnige middagete/aandete, of deesdae selfs ontbyt, kom (alweer) uit Casa Moro, en behels wortel, iets wat my gewoonlik nie juis opgewonde laat nie.  Maar die worteltjies wat die ou oom van agteraf sy bakkie verkoop by die Boeremark lyk elke week so pragtig, en ek was dringend op soek na dinge om te maak in die halfuur tussen verwoede skrywery en my 400 studente gelukkig hou.

Die wortels word in die oond gerooster tot sag, fyngemaak saam met fyngestampte karwysaad en versnipperde kruisement, voor jy 'n stukkie feta bo-op verkrummel.  Bak intussen 'n stukkie flatbread in 'n warm pan, en eet saam met die wortelpuree.  (Die woord puree laat enige iets onapytytlik klink; dit is werklik nie die geval hier nie).  In alle geval – dis 'n heerlike kombinasie.  Veral as dit nog so louwarm is as jy dit oor 'n stukkie flatbread skep.  Maar om die waarheid te sê, ek het dit vanoggend koud uit die yskas gehad, en dit was steeds lekker.

Yay, Moro.  Jul bring my vreugde. 

3 comments:

Marie said...

Ok, ek koop die boek.

The Sourcerer said...

dit is een van my gunstelinge ook! oor die jare sit ek ook bietjie cardomom by. en partykeer stamp ek dit net so halfpad fyn - dat dit nog redelik chunky is. Marie - die boeke is nou in paperback ook en bietjie goedkoper. het gister weer gekyk na "Moro East" en gewonder of rêrig 'n 3de een nodig het. . . spesifiek die sop met vye in tempteer my.

m-l said...

Hmmm, Casa Moro: dit mag dalk net my verjaarsdaggeskenk aan myself wees...